Tina Turner

Tina Turner
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Anna Mae Bullock
Geboorte 26 November 1939
Brownsville, Tennessee, Verenigde State
Sterfte 24 Mei 2023 (op 83)
Küsnacht, Switserland
Nasionaliteit Amerikaans
Lewensmaat Ike Turner (1962–1978)
Erwin Bach (2013–2023)
Kinders 2
Beroep(e) Sanger en aktrise
Aktiewe jare 1958–2018
Webwerf tinaturnerofficial.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Tina Turner (26 November 193924 Mei 2023) was 'n Amerikaanse sanger en aktrise. Daar word algemeen na haar verwys as die "Queen of Rock-'n-Roll". Sy het prominent geword as die hoofsanger van die Ike & Tina Turner Revue voordat sy 'n suksesvolle loopbaan as solo-kunstenaar begin het.

As aktrise was sy bekend vir haar rolle in die rolprente Tommy (1975), Mad Max Beyond Thunderdome (1985), Last Action Hero (1993), en GoldenEye (1995).

Met meer as 100 miljoen plate wêreldwyd verkoop, is Turner een van die topverkoper-opnamekunstenaars van alle tye. Sy het 12 Grammy-toekennings ontvang, wat agt mededingende toekennings, drie Grammy Hall of Fame-toekennings en 'n Grammy Lifetime Achievement-toekenning insluit. Sy is die eerste swart kunstenaar en eerste vrou wat op die voorblad van Rolling Stone was. Rolling Stone het haar onder die 100 grootste kunstenaars van alle tye en die 100 grootste sangers van alle tye gerangskik.[1] Turner het 'n ster op die Hollywood Walk of Fame en die St. Louis Walk of Fame. Sy is twee keer in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem, saam met Ike Turner in 1991 en as solokunstenaar in 2021.[2] Sy was ook 'n 2005-ontvanger van die Kennedy Centre Honours and Women of the Year-toekenning.[3] Turner is op 23 Mei 2023 in die ouderdom van 83 na 'n lang siekte dood.[4]

  1. "The 100 Greatest Singers of All Time". Rolling Stone. No. 1066. 27 November 2008. bl. 73. Geargiveer van die oorspronklike op 8 Maart 2009. Besoek 6 April 2009.
  2. "Tina Turner, Jay-Z, Foo Fighters Among Those Inducted Into Rock & Roll Hall Of Fame". NPR.org (in Engels). Besoek op 12 Mei 2021.
  3. "Women of the year award". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2012. Besoek op 17 September 2012.
  4. Hillel, Italie. "Tina Turner, unstoppable superstar whose hits included 'What's Love Got to Do With It,' dead at 83". Associated Press (in Engels (VSA)). Besoek op 24 Mei 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search